Ons beker is toe gister en vanoggend deur die tannie wat die Albergie bestuur, vol gemaak. Sy het ons gisteraand in die bed kom nagsê en vanoggend voor ons vertrek het, omhels, gedruk en "Buen Camino" toegewens. En toe begin die stap, meer as 25 km! Dit het egter niks gereen nie en ons kon ons kouse agter op ons rugsakke droogkry.
Ons is dankbaar dat na twee dae nog geen blase het nie, maar moeg en seer inderdaad. Ons reflekteer op die pad oor die reis, hoe die moegheid jou stroop en jy werklik in die oomblik leef. Dan is die klein vreugdetjies te vind in die neerval langs 'n vervalle skuur en brood, kaas en vleis se eet en 'n medepelgrim wat verby kom en jou 'n bier offer.
Ons sit nou in Mansilla by 'n munisipale albergue. Hier is plek vir 72 pegrims en dit is vol. Weereens uiters verbaas. Dit is vreugde en samesyn hier in die binnehof waar pelgrims kuier, sing en saam kos maak om met mekaar te deel.
Toe ons vanmidddag hier aankom, word ons bekers weer volgemaak. Voor my is talle jongmense wat in bespreek. Ons pak af en ek verduidelik vir die dame dat ek asb die wittebrood-suite saam met my vrou wil hê. Sy vra: "met see-uitsig?", ja en met 'n maseuse. Sy glimlag, stempel ons spelgrimspaspoorte en roep dan uit. "But you are a priest!", Yes but I am protestant, antwoord ek, sy stempel Ansie se paspoort, gee aan ons 'n sleutel en beduie waarheen. Ons kry ons eie privaatkamer met badkamer!
Ons maak vanaand 'n seekospasta met plaaslike vino tinto - heerlik. Ek herinner my telkens om die eenvoud in die oomblik te beleef. Hoe het die eerste pelgrims die tog oorleef met hulle kalbassie water en dalk 'n stukke brood van wat van die eucharistie êrens die oggend oorgbely het?
Tot hopelik môre. Ultreia!
No comments:
Post a Comment