Search This Blog

Monday, October 7, 2019

PELGRIMSGEBED

Here God, U het U dienskneg Abraham uit Ur van die Galdeërs geroep en oor hom gewaak deur al sy swerftogte heen. U het die Hebreërs gelei toe hulle die woestyn oorgesteek het. Beskerm nou hierdie kinders van U, ter wille van hulle liefde vir U Naam, wyl hulle nou die pelgrimstog onderneem.
Wees hulle Reisgenoot onder weg,
hulle Gids by die kruispaaie,
hulle Krag wanneer hulle uitgeput is,
hulle Beskerming in gevaar,
hulle Beskutting op die weg,
hulle Skadu in die hitte,
hulle Lig in die donker,
hulle Troos in ongemak,
en die Inspirasie vir hulle voorneme;
sodat onder U begeleiding
hulle aan die einde van hulle pelgrimstog veilig mag arriveer en,
verryk deur genade en deugsaamheid,
mag terugkeer na hulle huis,
gevul met heling en ewige vreugde
Amen

No comments:

Post a Comment